12-jarige meisie breindood verklaar na sy skielik siek geword het

‘n 12-jarige meisie van Bethlehem in die Vrystaat is Sondag breindood verklaar nadat sy skielik siek geword het.

Simoney Groenewald, ‘n graad-6 leerling aan die Laerskool Jordania in Bethlehem, het Donderdag in die vroeë oggendure siek geword terwyl sy en haar twee susters by hulle Ouma gekuier het.

Volgens Netwerk24 sê haar pa, Donovan Groenewald, het sy net gaan lê en nooit weer wakker geword nie.

Hy sê verder Simoney het nie gesukkel met haar gesondheid nie.

Die oorsaak van haar dood is nog onbekend weens die nadoodse ondersoek wat nog aan die gang is.

Luister na potgooie hieronder