1,22 miljoen senior burgers het geregistreer vir die tweede fase van inentings teen Covid-19

1,22 miljoen senior burgers het op die elektroniese entstof-datastelsel, oftewel EVDS vir die tweede fase van inentings geregistreer.

Volgens Netwerk 24, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gisteraand beweer dat, hoewel Suid-Afrika gereed is vir die fase, die tempo van inentings eers later die maand sal spoed optel.

Volgens Mkhize sal dit tyd neem om gewoond te raak aan die nuwe entstof van Pfizer- BioNtech.

Die doel is om 5-miljoen bejaardes teen die einde van Julie in te ent.

Volgens Mkhize sal die ongeveer 700 000 gesondheidswerkers wat nog nie die inspuiting ontvang het nie, tydens ‘n parallelle proses inentings ontvang, nadat die Sisonke-studie met die entstof van Johnson&Johnson afgehandel is.

Luister na potgooie hieronder