12,371 nuwe Covid-19 infeksies aangemeld in die jongste verslagperiode

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes sê 12,371 nuwe Covid-19 infeksies is in die jongste verslagtydperk aangemeld. Die totale aantal infeksies sedert die uitbreking van die pandemie is 2,523,488. Die Wes-Kaap het die meeste gevalle aangemeld met 3,746 gevolg deur KwaZulu-Natal met 2,628 nuwe infeksies. In Gauteng is 1986 infeksies aangemeld. ‘n Verdere 271 Covid-19 verwante sterftes is ook aangemeld.

 

Luister na potgooie hieronder