Polisie-woordvoerder Luitenant Kolonel Thabo Covane het aan
Rosestad-nuus bevestig dat 13 onwettige oortredes in hegtenis geneem is nadat hulle ‘n hofbevel verontagsaam het wat deur die Mangaung Metro bekom is na gister se onwettige grond besetting. Sosiale media is steeds aan die gons nadat videos gesirkuleer is van
honderde onwettige plakkershutte wat opgerig word op die Jagersfonteinpad oorkant die
Bloemfonteinse woonbuurt Lourierpark. Ooggetuies het ook bevestig dat honderde
mense besig was om slote te grawe en erwe op te meet, na bewering vir die oprigting van ‘n informele nedersetting. Die oortreders sal binnekort in die landroshof in Bloemfontein verskyn. Die pad na Jagersfontein is volgens berigte intussen weer oopgestel