Vrystaatse polisie het vyf mense in hegtenis geneem vir veediefstal

Die Vrystaatse polisie het vyf mense in hegtenis geneem in verband met veediefstal in Wesselsbron.

Volgens ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, is die verdagtes vasgetrek nadat die polisie inligting ontvang het dat tien skape by die Bloudrift-plaas gesteel is.

Luidens berigte het beamptes ‘n motor met ‘n sleepwa opgespoor, waarna hulle skaapkarkasse in die kattebak gevind het. Die drie insittendes van die voertuig het die polisie gelei na ‘n plakkershuis in Monyakeng, waar nog ses skaapkarkasse gevind is.

Drie van die verdagtes word ook verbind met nog ‘n voorval waar 35 skape gesteel en 13 geslag is.

Die verdagtes sal Maandag in die Wesselsbron Landdroshof verskyn.

Luister na potgooie hieronder