146 verdagtes is in die Vrystaat aangekeer vir misdade teen vroue en kinders

Vrouebeamptes van die Vrystaatse polisiediens het verlede week 146 verdagtes in dié provinsie aangekeer vir misdade teen vroue en kinders as deel van hulle Vrouemaand-optredes.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, was die optredes meestal in die Oos-Vrystaat uitgevoer.

Die Thabo Mofutsanyana-distrik is ook die distrik waar die meeste voorvalle aangemeld is.

Netwerk24 berig die 146 verdagtes is aangekeer vir oortredings van beskermingsbevele, verkragting, aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer, seksuele aanranding, crimen injuria, intimidasie, diefstal en kwaadwillige saakbeskadiging.

Luister na potgooie hieronder