Moeilike besluit oor wie Mkhize sal opvolg meen kenner

‘n Moeilike besluit wag op pres. Cyril Ramaphosa sou die minister van gesondheid, dr Zweli Mkhize, sy pos ontruim. Dit is volgens politieke ontleder dr Ralph Mathekga.

Mathekga sê wie Mkhize gaan vervang sal die moeilike besluit wees.

Dit volg nadat News24 reeds Vrydag berig het mense in die binnekring sê Mkhize maak hom reg om sy kantoor te ontruim.

Luidens verdere berigte is Ramaphosa ook reeds opsoek na ‘n opvolger.

Dit hou alles verband met die beweerde onreëlmatige toekenning van ‘n R150-miljoen kontrak aan Digital Vibes.

Luister na potgooie hieronder