Dit is nie vir slegs 15 000 verkeersbeamptes moontlik om al die nasionale en provinsiale paaie, 24-uur ‘n dag te bewaak nie. Dit volgens die Polisie en Gevangenisse se Burgerregte Unie.
SABC News berig verder dat die unie bekommerd is dat erg onderbemande verkeersbeamptes in swak omstandighede werk. Dit sodat hulle die vervoerdepartement se Feeslike Padveiligheidsveldtog wat 46-dae lank is, kan hanteer.
Volgens die president van die unie, het die vervoerminister, Barbara Creecy, nie ‘n benul wat nasionaal in die verkeersdepartement aangaan nie. Intussen sê die Grensbestuursowerheid dat Vrydag die besigste dag van die feestyd aan Suid-Afrika se grense was. Tienduisende mense het die land verlaat en binnegekom.