‘n Vrou, wat nou 22 jaar oud is, het in 2016 twee mans elk R50 000 betaal om haar familie in Mmakau, naby Brits, te vermoor.

Maroela Media berig dat die vrou, wie se identiteit beskerm word omdat sy minderjarig was tydens die voorval, 25 jaar direkte tronkstraf in die Pretoria-hooggeregshof ontvang het.

Sy het op die aand van die voorval voorgegee dat sy water buite gaan uitgooi, toe sy die hek vir die medepligtiges oopgemaak, haar pa se vuurwapen oorhandig en hul voertuig se sleutels gegee het.

Die vrou se ouers, broer en swanger suster is almal vermoor, en die regter het bevind dat die afgryslike dade nie versagtende omstandighede regverdig nie.

error: Inhoud is beskerm !!