Terwyl die inhuldigingseremonie van Cyril Ramaphosa onderweg is, het die polisiediens bevestig dat vyftien mense gistraand toegang tot die OVK se stoorplek van getelde stembriewe probeer kry het. Athlenda Mathe, nasionale woordvoerder vir die polisiediens, het vroeër vanoggend aan Netwerk24 gesê dit kom voor of die betreders wou kyk of alle stemme getel is.

Sy sê die polisie ondersoek ook ‘n saak van intimidasie. Die betreders het glo sekere amptenare probeer intimideer, om toegang tot die stembriewe van verlede maand se algemene verkiesing te verkry. Volgens Mathe is niks gevat nie, en is die polisie op die spoor van die verdagtes.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×