SanParke geskok oor sluipmoord op Mister Big

SanParke het sy skok uitgespreek na die sluipmoord op die vermeende baasbrein van ‘n reuse renosterstroper-sindikaat, Sydney Mabuza.

Mabuza, ook bekend as Mister Big, is luidens berigte Donderdag in sy voertuig by ‘n winkelsentrum doodgeskiet.

Hy sou na verwagting binnekort in die hof verskyn het weens sy beweerde betrokkenheid by renosterstropery.

Mabuza was uit op borgtog van R200 000.

Die Valke sê intussen hulle gaan voort met hul ondersoek om nog verdagtes aan te keer.

Luister na potgooie hieronder