Die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, sê die opswaai in maatskaplike onrus kan ‘n negatiewe impak hê op die land se groeikoers

Die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, sê die opswaai in maatskaplike onrus in Suid-Afrika, tesame met die styging in coronavirus-infeksies kan ‘n negatiewe impak hê op sy voorspelling van ‘n groeikoers van vier persent vir die land vanjaar.

Volgens Moody’s kan die onlangse verwikkelinge ‘n negatiewe uitwerking hê op verbruikers-, sake- en beleggersvertroue al het vertroue-aanwysers in die eerste helfte van die jaar verbeter.

Die agentskap sê die onrus kan ook die owerhede se pogings bemoeilik om staatsfinansies te verbeter. Moody’s sê laer groei sal aan die eenkant druk plaas op die regering se belastinginkomste, tewyl die regering aan die anderkant sal moet bydra om sakeondernemings te ondersteun en infrastruktuur te herbou.

Luister na potgooie hieronder