‘n Span speurders is aangestel om die dood van meer as 20 mense in Phoenix, noord van Durban te ondersoek

Die Minister van Polisie, Bheki Cele sê ‘n span speurders is aangestel om die dood van meer as 20 mense in Phoenix, noord van Durban te ondersoek.

Dit volg nadat Cele Saterdag die gebied besoek het.

Tydens sy besoek het hy die gemeenskapslede gekritiseer wat die reg in eie hande geneem het tydens die afgelope week se plundertogte.

Plundering en vandalisme het tot rasse-spanning in die gebied gelei.

Volgens Cele regverdig die plundering nie die feit dat verdagtes deur lede van die publiek doodgemaak word nie.

Hy het verder gesê privaat individue het nie die reg om lede van die publiek te vra vir identifikasie of om hul voertuie te deursoek nie – veral nie as dit op grond van ras gedoen word nie.

Luister na potgooie hieronder