Die Grensbestuursowerheid het ‘n toename van 215 persent in die voorkoming van onwettige grensoorgange gedurende die feesseisoen aangemeld.

Dit is volgens die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber. Schreiber het ‘n opdatering verskaf oor die owerheid-feesseisoenbedrywighede in Pretoria.

Hy sê byna 16 000 mense is gevang wat probeer het om die land onwettig binne te kom. Schreiber sê hommeltuigtegnologie het die owerheid gehelp om diegene op te spoor wat probeer het om grense oor te steek, wat gehelp het om die grense te beveilig.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×