Mangaung se nuwe burgemeester Vrydag ingehuldig

Mangaung se nuwe burgemeester is Vrydag by die Ramblersklub in Bloemfontein ingehuldig.

Die nuwe uitvoerende burgemeester, Mxolisi Siyonzana, het tydens sy inhuldiging groot beloftes gemaak oor beter munisipale dienste. 

Hy het ook gesê dat Bloemfontein weer tot die eens glorieryke Rosestad herbou sal word.

Netwerk24 berig dat Siyonzana gesê het dat Bloemfontein silwerskoon gemaak gaan word en weer tot die Stad van Rose herbou gaan word. 

Luister na potgooie hieronder