17 polisiebeamptes in Suid-Afrika is tussen Julie en September hierdie jaar vermoor.

Volgens die Valke is vier in die uitvoering van diens oorlede, terwyl dertien oorlede is terwyl hulle nie aan diens was nie.

Die Valke het ‘n media-inligtingsessie oor hul misdaadbekampingstatistieke vir die tweede kwartaal van die boekjaar aangebied.

Volgens Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, kry alle polisiemoorde prioriteitsondersoek, aangesien dit ‘n aanval op die staat is.

Hy sê die Valke het tydens die tweede kwartaal van die jaar goeie vordering gemaak in die hantering van hoë profiel sake wat die moord op polisielede insluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×