1770 Nuwe gevalle van die coronavirus is in die jongste verslagperiode aangemeld

Zweli Mkhize, die minister van Gesondheid, sê in ‘n verklaring 1 770 nuwe gevalle van die coronavirus is in die jongste verslagperiode aangemeld nadat 22-duisend-150 toetse in dié tyd uitgevoer is. Altesaam 725-duisend-425 mense het reeds die virus opgedoen sedert die eerste gevalle in Maart bevestig is. Negentig persent van die pasiënte het egter herstel.  Volgens Mkhize is nog 46 mense is sedert gister weens die coronavirus oorlede.

Luister na potgooie hieronder