18 555 nuwe Covid-19-infeksies in die afgelope verslagtydperk aangemeld

 18 555 nuwe Covid-19-infeksies in die afgelope verslagtydperk aangemeld

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize het bekend gemaak dat 18 555 nuwe Covid-19-infeksies in die afgelope verslagtydperk aangemeld is.
Die sterftesyfer het ook skerp gestyg tot 35 140 nadat 806 mense in die tydperk dood is.
Die meeste sterftes, 235 het in KwaZulu-Natal voorgekom, gevolg deur Gauteng met 211.
Die herstelkoers is 80,6%.
Kwazulu-Natal het tans die meeste aktiewe gevalle, gevolg deur Gauteng en die Wes-Kaap.

LeandreAdmin@