‘n Agtienjarige student is een van drie mense wat gister helderoordag in Braamfontein doodgeskiet is. ‘n Groep gewapende mans het glo op ‘n stilstaande sedanvoertuig
losgebrand.

Twee insittendes is in die koeëlreën dood, terwyl dwaalkoeëls ‘n studentebus getref het, toe dit verby die misdaadtoneel ry. Die Universiteit Johannesburg het bevestig dat nog een van sy mansstudente vir skietbeserings in die hospitaal behandel word.

Hoewel daar op sosialemedia bespiegel word dat die skietery moontlik aan taxi-geweld gekoppel kan word, is die motief vir die voorval onbekend.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×