Die leiers van Amerika, Brittanje en nog 15 ander lande het in ‘n gesamentlike verklaring gevra dat Hamas alle gyselaars vrylaat wat steeds in Gaza aangehou word.
Die gyselaars is op 7 Oktober verlede jaar deur Hamas gevange geneem wat die dodelikste oorlog nog tussen die militante groep en Israel begin het.
LEES MEER: Daar is hoop dat vroue en kinders wat gyselaars van Hamas is, dalk vrygelaat kan word
AFP berig die lande het Donderdag ‘n beroep gedoen dat die gyselaars van al die lande, wat vir meer as 200 dae deur Hamas aangehou word, vrygelaat word. Israel skat 129 van die sowat 250 mense wat ontvoer is, is steeds in Gaza. Dit sluit die liggame van 34 mense in.