Negentien Suid-Afrikaners wat sedert 7 Oktober in Gaza vasgekeer is toe die oorlog tussen Hamas en Israel uitgebreek het, is oppad terug huis toe. Maroela Media berig volgens die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het die Israeliese owerhede die groen lig gegee vir die Suid-Afrikaners om na Egipte vervoer te word. Die ses mans en dertien vroue het veilig in Kairo aangekom en is glo alreeds oppad na Suid-Afrika. Die departement het sy dank aan Egipte uitgespreek namens Suid-Afrika vir die veilige deurgang deur die Rafah-grenspos. Israel het intussen sedert Maandag sy aanvalle op die militante groep Hamas in Gaza verskerp, slegs dae nadat die wapenstilstand verstryk het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×