2 646 nuwe Covid19 gevalle

 2 646 nuwe Covid19 gevalle

Die aantal nuwe Covid19-gevalle in die land het in die jongste verslag met 2 646 toegeneem.

Die Departement van Gesondheid sê nog 86 mense is weens Covid 19 oorlede, wat die totale sterftesyfer op 20 845 te staan bring. Van dié sterftes is 58 in die Oos-Kaap en 17 in die Vrystaat. Die Oos-Kaap het steeds die meeste aktiewe gevalle, gevolg deur die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.

Die herstelkoers is met 0.2% af en staan op 92,5%

Gerdie Karstens