En die wenners is . . . ná wat soos ‘n ewigheid vir deelnemers gevoel het, het die oomblik eindelik aangebreek toe twee PicknPay-klante gistraand skuins na ses elk ‘n splinternuwe 2022 Renault Kwid Expression ryker geword het.

Bryce Ferreira en Janetta Coetzer, albei van Bloemfontein, ry nou die Feesseisoen in styl met hierdie vroeë Kersgeskenk tegemoet.

Die Jaarlikse Carols with the Stars, aangebied deur PicknPay Preller Walk en PicknPay Reizis Square, waartydens die gelukstrekking vir die motors by Willem Postma Laerskool sou plaasvind, moes Vrydagaand afgestel word weens gietende reën.

Die finaliste se name is egter gisteroggend getrek – vyf van PicknPay Preller Walk en vyf van PicknPay Reizis Square.

Die finale trekking is gistraand by PicknPay Preller Walk gedoen.

Rosestad100.6FM en Sentraal24 is die trotse mediavennote van hierdie hoogtepunt wat jaarliks die Feesseisoen behoorlik afskop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×