Dis reeds 20 maande nadat ‘n fluitjieblaser grootskaalse korrupsie en tenderbedrog by Eskom se swaks presterende kragstasie, Tutuka, blootgelê het en daar is steeds geen vordering gemaak met die ondersoek nie. Daar is slegs ‘n voorlopige ondersoek by Tutuka gedoen, het minister Pravin Gordhan die week skriftelik geantwoord op ‘n parlementêre vraag van die DA-LP en woordvoerder vir openbare ondernemings, Ghaleb Cachalia. Netwerk 24 berig Eskom het ‘n voorlopige ondersoek gedoen met bevindinge dat die saak ‘n volledige ondersoek regverdig, het Gorhan geantwoord. Eskom sal ook verder met wetstoepassings-agentskappe in gesprek tree indien enige misdaad blootgelê kan word. Die saak is verlede jaar Junie aan ‘n eksterne diensverskaffer oorhandig om ‘n volledige ondersoek te doen. Eskom sê hy verwag ‘n finale bevindig teen einde November vanjaar. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×