20 van Pelonomi-hospitaal se kraamafdeling toets positief vir Covid-19

 20 van Pelonomi-hospitaal se kraamafdeling toets positief vir Covid-19

Mondli Mvambi woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement sê altesaam 20 personeellede van Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein se kraamafdeling het positief getoets vir Covid-19.

Mvambi sê wanneer pasiënte by Pelonomi opgeneem word, word hulle slegs geskandeer, want die hospitaal is nie in staat om almal te toets nie.

Netwerk24 berig Mvambi sê pasiënte wat opgeneem word is nie altyd eerlik met die inligting wat hulle verskaf nie.

Volgens Mvambi is ‘n groot probleem by die Pelonomi-hospitaal ook dat gesondheidswerkers roekeloos en nalatig is deurdat hulle nie almal hul beskermende kleredrag by die werk dra nie en dan op so ‘n manier die virus versprei.

LeandreAdmin@