Month: December 2019

Brandstof kan volgende maand minder kos

Die syfers van die Sentrale Energiefonds wat teen die middel van die maand beskikbaar is dui daarop dat brandstofpryse volgende maand kan daal. Indien die huidige ekonomiese omstandighede voortduur kan petrol met tussen 8 en 18 sent per liter daal, terwyl diesel 2 sent per liter minder kan kos. Die prys van lampolie sal na […]Read More

Eskom voorsien nie beurtkrag vir die week, maar die moontlikheid

Eskom sê hy voorsien nie dat beurtkrag vandeesweek ingestel sal word nie. Die woordvoerder van Eskom, Dikatso Mothae sê die kragnetwerk is wel steeds onder druk. Sy het ‘n beroep op die publiek gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik. Mothae het gewaarsku dat beurtkrag weer op kort kennisgewing ingestel sal word in geval van onverwagte […]Read More

“Meer as 1 600 motoriste is sedert die begin van

Die Padverkeerbestuurskorporasie sê meer as 1 600 motoriste is sedert die begin van die feesseisoen landswyd in hegtenis geneem vir verskeie verkeersoortredings. Die meerderheid is vasgetrek vir dronkbestuur, spoedoortredings en uitstaande lasbriewe. ʼn Motoris is in Nkowankowa in Limpopo in hegtenis geneem met ʼn alkoholvlak van sewe keer bokant die wettige perk. Op die N-4 […]Read More

ʼn Konstabel van KwaZulu-Natal word van moord aangekla

ʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal sal vandag in die Landdroshof op Empangeni verskyn in verband met twee moordklagtes. Die 38-jarige konstabel het na bewering twee broers in Nseleni, Richardsbaai doodgeskiet. Die polisiewaghond, Opod, sê die konstabel en die 24- en 32-jarige broers het oënskynlik gestry oor die geraas wat deur die loop van die nag uit […]Read More

Cyril Ramaphosa sê hulle sal nie toelaat dat staatsondernemings misluk

President Cyril Ramaphosa sê die land se staatsondernemings het groot bates, ’n groot en uiteenlopende aantal vaardige mense en goeie prestasierekords. Ramaphosa sê in sy weeklike nuusbrief dat die regering nie sal toelaat dat enige van die strategiese ondernemings misluk nie. Hy voeg by dat alle moontlike, selfs drastiese, stappe gedoen sal word om die […]Read More

Metrorail stel beeldmateriaal van 2 vermeende brandstigters vry

Metrorail het ’n beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting oor twee verdagtes nadat 18 treinwaens verlede maand op die Kaapstadstasie in ’n brand vernietig is. Die verlies beloop na beraming meer as R61 miljoen. Die treindiens het beeldmateriaal van ’n kringtelevisie vrygestel waarop die twee mans op 28 November gesien kan word. Die brandstigters […]Read More

Beurtkrag word weer verhoog na fase 4

Eskom het beurtkrag na fase 4 opgeskuif nadat hulle vroeër gesê het fase 2 sal die res van die dag tot elfuur vanaand toegepas word. Die verandering na fase 4 word toegeskryf aan die oorstroming van sekere kragstasies na die aanhoudende reën die afgelope paar dae, veral in die noorde van die land, en onbeplande […]Read More

Christopher Panayiotou se pa in Uitenhage doodgeskiet

Die pa van Christopher Panayiotou van die Oos-Kaap wat weens die moord op sy vrou agter tralies is, is in die vroeë oggendure in Uitenhage doodgeskiet. Die 67-jarige Costa Panayiotou is twee keer gewond in die voorval voor ’n kafee in Markstraat waartydens sy voertuig gesteel is. Dis later verlate by die nabygeleë Motherwell gevind. […]Read More