Month: April 2020

Nog slegte nuus vir Suid-Afrika se ekonomie

Suid-Afrika se ekonomie is deur nog slegte nuus getref nadat die kredietagentskap S&P Global die land se soewereine kredietgradering tot rommelstatus verlaag het. Die agentskap het die impak van Covid-19 op ‘n sukkelende ekonomie as rede vir die besluit aangehaal. S&P sê Suid-Afrika se ekonomiese agteruitgang sal ‘n verdere skerp Covid-19-verwante insinking moet trotseer. Die […]Read More

Sapu vra vir meer beskerming vir polisiebeamptes tydens inperking

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie doen ‘n beroep op die minister van Polisie, Bheki Cele, om meer te doen om beamptes teen die koronavirus-pandemie te beskerm. Meer as 80 beamptes het reeds positief getoets vir die virus. Sapu se president, Mpho Kwinika, sê die regering moet meer doen as om net persoonlike beskermende toerusting te verskaf aan […]Read More

AfriForum sê die regering se planne om skole te heropen

AfriForum eis meer duidelikheid oor die heropening van skole. Die regte groep verwelkom die beplande terugkeer vir sekere grade, maar sê die feit dat 3 500 skole in die land nog steeds nie lopende water het nie beteken dat hulle nie higiënemaatreëls behoorlik sal kan toepas nie. AfriForum voeg by dat die aantal leerders per […]Read More

Landbou kry ‘n hupstoot tydens die Vlak-4-inperking

Die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling Thoko Didiza het aangekondig dat die landbousektor van môre af weer ten volle in bedryf sal wees. Didiza het die belangrikheid daarvan beklemtoon dat alle boere en hulle werkers streng veiligheidsmaatreëls moet toepas. Verskeie nywerhede wat landbou ondersteun word ook heropen. Intussen sê die minister van Ekonomiese […]Read More

‘n Kampvegter vir gehoorgestremdes sê die onderskrifte wat gebruik word

‘n Kampvegter vir gehoorgestremdes sê die onderskrifte wat gebruik word tydens president Cyril Ramaphosa se televisie-toesprake oor Covid-19 is nie toeganklik vir almal met swak gehoor nie en verg te veel duur data. Fanie du Toit van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede sê die eensydige siening dat alle gehoorgestremdes gebaretaal magtig is, is […]Read More

‘n Vakbond sê ‘n besluit is geneem om die SAL

Die vervoervakbond NTM beweer dat ‘n besluit geneem is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens te sluit en ‘n nuwe lugdiens te stig. Dit volg nadat die redery se sakereddingspraktisyns aanbeveel het dat die hele arbeidsmag uit diens gestel word. NTM se woordvoerder, Mashudu Raphetha, het aan eNCA gesê daar is tydens ‘n vergadering met die minister […]Read More

Skole open dalk vanaf volgende Woensdag slegs vir graad sewe

Die departement van Basiese Onderwys sê dat skole dalk vanaf volgende Woensdag slegs vir graad sewe en 12 kan heropen. Die datum is egter onderhewig aan verandering. Direkteur-generaal Hubert Mathanzima Mweli het ‘n gesamentlike vergadering tussen die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys en die gekose komitee vir Onderwys en Tegnologie, Sport, Kuns en Kultuur […]Read More

‘n ANC-studiegroep striem AfriForum en Solidariteit oor hul hofgeding teen

Die ANC se parlementêre studiegroep oor toerisme het sy steun toegesê aan die minister van Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, se besluit om driedubbele BEE-klassifikasie te gebruik om sakeondernemings te keur vir die bedryf se hulpfonds. Die voorsitter, Supra Mahumapelo, sê hulle is geskok en teleurgesteld oor AfriForum en Solidariteit se hofgeding om die vereiste te probeer […]Read More

Die koronavirus-pandemie toon nog geen tekens van ‘n afname in

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê daar is nog geen tekens dat die koronavirus-pandemie afneem nie. Suid-Afrika het 4 996 gevalle van die virus en 93 sterfgevalle. Mkhize sê hoë bloeddruk, diabetes en vetsug is sommige van die uitdagings in die bevegting van die virus. Hy sê voorts dat 135 gesondheidswerkers in die openbare […]Read More

‘n Onderwyshoof glo skole kan die jaar nog suksesvol voltooi

Die departement van Basiese Onderwys doen vandag ‘n voorlegging aan parlementslede oor onderwys in die inperking en die heropening van skole. Onderwysorganisasies meen provinsiale onderwysdepartemente het nie genoeg planne om vanjaar suksesvol die akademiese jaar te voltooi nie. Die hoof van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, Brian Schroeder, sê sy departement is reeds besig met ‘n omvattende […]Read More