Month: April 2020

Die WGO waarsku dat Covid-19 nog lank nie verby is

Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku dat die koronavirus nog lank nie verby is nie, ondanks die feit dat verskeie lande afsluitregulasies ophef. Daar is tans meer as drie-miljoen bevestigde gevalle van die virus en 210 000 sterftes, wêreldwyd. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê om die pandemie te beëindig, moet die wêreld eenheid en […]Read More

Die Vervolgingsgesag berei sy eerste staatskapingsaak voor

Die Nasionale Vervolgingsgesag maak na wat berig word reg om die Gupta-gekoppelde Regiment Capital se direkteure aan te kla van bedrog, korrupsie en geldwassery. Die klagtes hou verband met Transnet se transaksies, waaronder die omstrede lokomotief-ooreenkoms. Die spoorwegagentskap het die maatskappy 754% meer betaal as die R3,2-miljoen wat begroot is. Business Day berig dat die […]Read More

Wes-Kaapse sakeondernemings doen voorleggings oor die Covid-19-strategie

Die Wes-Kaapse regering het meer as 40 voorleggings ingedien by die departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake oor die gewysigde risiko-analise vir die Covid-19-strategie. Hy het 445 ekonomiese belanghebbendes geraadpleeg, insluitend sakeondernemings en nywerhede regoor die provinsie. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, David Maynier, sê hulle het ook verdere voorleggings vir oorweging […]Read More

Theuns Eloff draai sy rug op die FW de Klerk-stigting

Die voorsitter van die raad van adviseurs van die FW de Klerk-stigting, Theuns Eloff, het uit die raad van trustees bedank. Eloff het aan Media24 gesê hy stem nie saam met ‘n verklaring wat in Februarie uitgereik is nie. Die FW de Klerk-stigting het toe gesê die uitbeeld van apartheid as ‘n misdaad teen die […]Read More

Sekere kategorieë van gevangenes kan binnekort vrygelaat word

Die inspekterende regter van die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste, Regter Edwin Cameron, het aan minister Ronald Lamola voorgestel dat ‘n beperkte aantal gevangenes vrygelaat moet word. Cameron wil hê dit moet geld vir gevangenes wat ouer as 60 is en diegene wat siek, verswak en terminaal is. Hy sluit ook dié met geringe en […]Read More

Dramatiese toename in die aantal koronavirus-infeksies in die Oos-Kaap

Daar was die afgelope naweek ‘n dramatiese toename in die aantal koronavirus-infeksies in die Oos-Kaap. Die aantal gevalle het teen gistermiddag van 488 tot 535 gestyg. Die provinsie het reeds 10 slagoffers aan die dood afgestaan en 25 gevalle aangemeld waar pasiënte herstel het. Dit het bygedra tot die toenemende aantal oproepe dat die LUR […]Read More

Kubaanse dokters land in Suid-Afrika aan om Covid-19 te help

‘n Afvaardiging van meer as 200 Kubaanse mediese kenners het in Suid-Afrika aangeland om te help in die stryd teen die koronavirus. Daar is meer as 4 000 bevestigde gevalle in die land en 87 sterfgevalle. Sekere van die hoogsgekwalifiseerde gesondheidswerkers was voorheen betrokke by die stryd teen wêreldwye uitbrake van cholera en Ebola. Die […]Read More

LEES: Die volgende riglyne geld vir Vlak 4 van die

Beweging: – Die dra van gesigmaskers in die openbaar is verpligtend ten alle tye – Streng higiëne moet gehandhaaf word sowel as ‘n gesonde afstand tussen persone – Siftingstoetse word deurgaans in die werksplek en openbaar gedoen – Aandklok-reël van saans 8-uur tot soggens 5-uur geld Daar mag in groothandel en kleinhandel met die volgende […]Read More

Mathekga het president Ramaphosa se aankondiging verwelkom

Die bekende politieke ontleder Ralph Mathekga het president Cyril Ramaphosa se aankondiging van die verligting van die afsluitings-beperkings verwelkom. Mathekga sê Ramaphosa het onder die huidige omstandighede die mees rasionele besluite geneem. Hy voeg by dat ‘n skielike opheffing van alle beperkings die land negatief sou beïnvloed het. Mathekga sê ons gaan ‘n geleidelike heropening […]Read More

Die Mededingingstribunaal pak vandag sy eerste Covid-19-saak

Die eerste saak van buitensporige pryse wat met die Covid-19-pandemie verband hou, sal vandag deur die Mededingingstribunaal aangehoor word. Die saak behels Babelegi Workwear and Industrial Supplies. Die Pretoriase maatskappy word daarvan beskuldig dat hy in die aanloop tot die inperking wederregtelik buitensporige pryse vir gesigmaskers gehef het. Die maatskappy ontken die bewerings. Die kommissie […]Read More