Month: April 2020

Nog twee Suid-Afrikaners is aan die coronavirus dood

Die Department van Gesondheid het bevestig dat nog twee Suid-Afrikaners aan die coronavirus dood is terwyl die bevestigde gevalle met 70 tot 1 655 gestyg het. Dit bring die getal sterftes weens die virus op elf te staan. Die jongste sterfgevalle was ‘n 82-jarige vrou wat ‘n week gelede in die waakeenheid opgeneem is en […]Read More

Fikile Mbalula maak ‘n ommekeer oor die getal passasiers wat

Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê die toepassing van sosiale distansiëring binne taxi’s is noodsaaklik. Hy het die regulasie wat ‘n 100% laai-kapasiteit vir taxi’s gedurende die 21-dae landswye afsluiting moontlik gemaak het, herroep. Mbalula het vanoggend die taxistaanplek in Breëstraat in Johannesburg besoek, as deel van ‘n veldtog om die verspreiding van die […]Read More

“Die nuwe 1,8-meter hoë muur tussen Suid-Afrika en Zimbabwe vorder

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Patricia de Lille, sê die nuwe 1,8-meter hoë muur ter waarde van R37-miljoen tussen Suid-Afrika en Zimbabwe by Beitbrug vorder fluks en sal binne ‘n maand klaar wees. Daar word daagliks terreinvergaderings gehou by die heining wat oor 20-kilometer aan elke kant van die grensposhek sal strek. Die […]Read More

Zweli Mkhize sê Suid-Afrika beleef tans die stilte voor die

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê Suid-Afrika beleef tans die stilte voor die storm ten opsigte van die verspreiding van die koronavirus. Daar is ‘n 1 380 bevestigde gevalle in die land en vyf sterftes. Hy het gisteraand die mobiele steekproefneming- en toetsingseenhede in Johannesburg bekend gestel. Mkhize sê dis belangrik dat hy en […]Read More

Jan Taks skiet tekort op sy belastinginsamelings

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het R66-miljard minder inkomste ingesamel as wat die doelwit was. Die mikpunt is in Februarie verlede jaar gestel. Die SAID het aangekondig dat hy R1.356-triljoen in die 2019/2020-boekjaar ingevorder het. Die diens sê persoonlike inkomstebelasting is steeds sy belangrikste bron van inkomste. Die bydrae van korporatiewe belasting en BTW het gekrimp aangesien […]Read More

Die EFF wil hê die besonderhede van die Covid-19-skenkings moet

Die EFF het president Cyril Ramaphosa uitgedaag om die besonderhede van beloftes en skenkings bekend te maak wat deur die privaatsektor gemaak is om die impak van die koronaviruspandemie te bekamp. Mense soos die Rupert- en Oppenheimer-gesinne het miljarde rande geskenk om kleinsakeondernemings te help. Die EFF sê hy is gewalg deur die opportunisme van […]Read More