Month: May 2020

Nog mynwerkers toets positief vir Covid-19

Die voorkoms van Covid-19-gevalle is besig om toe te neem by verskeie myne in die land. Ses mynwerkers by die Impala-platinummyn in Rustenburg het nou positief getoets vir die virus. Vyf van hulle kom van die Oos-Kaap en een van Gauteng. Meer as 200 mynwerkers in Gauteng en Limpopo het ook positief getoets Gideon du […]Read More

Regulasies vir Vlak 3 van die inperking vanaf 1 Junie

Huiswerkers mag terugkeer werk toe en tuindienste mag hervat. Kerke mag dienste hervat, maar onder streng beheerde omstandighede. Troues mag plaasvind, maar net by die Departement van Binnelandse Sake en sonder bruilof-viering. Drankverkope mag plaasvind, maar net van Maandae tot Donderdae en ook net van 09:00 – 17:00. Restaurante mag warm wegneemetes aflewer of by […]Read More

Vlak-3 inperkings dalk mosterd na die maal vir sakeondernemings

Daar is beperkte hoop op ekonomiese groei aangesien die meeste sakeondernemings onder vlak-3 inperking weer hul deure sal oopmaak. Die slegte nuus is dat die toerismebedryf en restaurante steeds ingeperk sal bly asook talle klein sakeondernemings soos haarkappers en naelsalonne. Die uitvoerende hoof van Sakeliga, Piet le Roux, sê sommige van die stappe wat die […]Read More

Dudu Myeni gaan appèl aanteken teen die Hooggeregshof se beslissing

Die voormalige voorsitter van die SAL-raad, Dudu Myeni, het bevestig dat sy teen die uitspraak van die Noord-Gautengse Hooggeregshof, wat haar lewenslank as ‘n misdadige direkteur verklaar het, sal appelleer. Regter Ronel Tolmay het bevind dat sy oneerlik en grof nalatig was in haar optrede toe sy die lugdiens bestuur het. Myeni sê sy beskou […]Read More

Amerika se dodetal weens die coronavirus het binne vier maande

Amerika se dodetal weens die coronavirus het binne vier maande die 100 000 kerf verby gesteek. Amerika het meer infeksies as enige ander land met 1,7 miljoen infeksies wat sowat 30% van die wêreldwye syfer uitmaak. ‘n Epidemioloog aan die Johns Hopkins-universiteit, Justin Lester, sê die infeksie- en sterftesyfer sal aanhou styg omdat die virus […]Read More

Die eerste toetshofsaak oor die inperkingsregulasies word vandag aangehoor

Die Hooggeregshof in Pretoria verhoor tans ‘n saak wat ál die regering se inperkingsregulasies sedert Maart betwis. Die regering word deur die Liberty Fighters Network hof toe geneem. Die network se stigter, Reyno de Beer, sê die saak gaan uiteindelik voort nadat die hof die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, gedwing […]Read More

Laer inkomstegroepe gaan gebukkend onder stygende voedselpryse

‘n Nuwe opname het bevind dat voedselaankope deur lae-inkomste gesinne sedert die begin van die inperking met byna 8% of R250 gestyg het. Die Pietermaritzburg-organisasie vir ekonomiese regverdigheid en waardigheid se jongste peiling oor die huishoudelike voedselmandjie, toon aan dat kospryse vir gesinne toegeneem het namate mense gedwing word om tuis te bly. Mervyn Abrahams […]Read More

Right2Know is bekommerd oor die geheimhouding in die Nasionale Bevelsraad

Die organisasie Right2Know het kommer uitgespreek oor geheimhouding rondom die regering se weiering om insig te gee oor besluite wat tydens vergaderings van die Nasionale Koronavirus-bevelsraad geneem word en uiteindelik die lewens van landsburgers raak. Thami Nkosi van Right2Know sê mense moet bekommerd wees indien daar geen toesig of deursigtigheid is nie. Hy voeg by […]Read More

Die regering sê Eskom moet self sy skuld vereffen

Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê Eskom moet sy skuld vereffen omdat nog hulp van die regering nie volhoubaar sal wees nie. Die kragvoorsiener het ‘n skuldlas van R450-miljard, terwyl munisipale skuld nou R30-miljard nader. Intussen het die waarnemende direkteur-generaal van die departement van Openbare Ondernemings, Kgathatso Tlhakudi, aan ‘n parlementêre komitee gesê Eskom […]Read More

Suid-Afrika se nasionale dag van gebed en oordenking word Sondag

President Cyril Ramaphosa het die land se inwoners versoek om Sondag deel te neem aan ‘n nasionale dag van gebed en oordenking. Dit volg ná die aankondiging dat plekke van aanbidding nou onder vlak drie-afsluiting kan heropen maar onder streng beperkings. Ramaphosa sê dis belangrik dat landsburgers weer bymekaar kom en bid vir die genesing […]Read More