Month: June 2020

Die liggaam van ʼn driejarige vermoorde meisie word in Orange

Die polisie in Gauteng het ‘n soektog op tou gesit nadat die liggaam van ‘n vermoorde driejarige meisie in Orange Farm, Johannesburg, gevind is. Die polisiewoordvoerder, Kay Makhubela, sê die kind se liggaam is deur ‘n verbyganger gevind. Hy sê die moontlikheid bestaan dat dit die kleuter is wat Woensdag as vermis aangemeld is.Read More

Vera Lynn sterf op 103

Die Britse sangeres dame Vera Lynn, wie se liedjies groot treffers tydens die Tweede Wêreldoorlog was, is in die ouderdom van 103 oorlede. Haar familie het in ‘n verklaring haar afsterwe aangekondig en gesê Lynn, wat in Ditchling in die ooste van Sussex gewoon het, is vanoggend in die vroeë oggendure dood omring deur haar […]Read More

Die Restaurant-vereniging verwelkom die terugkeer van aansit-etes

Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika verwelkom die verligting van meer beperkings in verskillende sektore van die ekonomie. Restaurante vir aansitmaaltye, geakkrediteerde en gelisensieerde verblyfplekke, konferensies en vergaderings vir sakedoeleindes, teaters en rolprentteaters sal nou toegelaat word om sake te doen. Die vereniging se woordvoerder, Wendy Alberts, sê die bedryf het finansieel baie swaargekry sedert die inperking […]Read More

Daar’s geen einde aan Dolly Parton nie

Die legendariese Dolly Parton het pas ‘n agter-die-skerms-boek met die titel Songteller, My Life in Lyrics, bekendgestel. Die 74-jarige deel die stories wat agter meer as 175 van haar liedjies steek. Sy word aangehaal waar sy sê dat sy al duisende liedjies geskryf het, maar dat sy nou vir die eerste keer die kans kry […]Read More

Springbok-gesigsmaskers vier die 1995 Wêreldbeker-triomf

In die aanloop tot die herdenking van Suid-Afrika se triomf in die 1995 Wêreldbeker, het die kleinhandelaar Pick n Pay en die Chris Burger-Petro Jackson-sapelersfonds, Springbok-gesigmaskers bekendgestel. Die verkope se opbrengs sal gaan aan die fonds, wat rugbyspelers met ernstige beserings ondersteun. Volgende Woensdag is dit die 25ste herdenking van die Bokke se 15-12 sege […]Read More

Amazon het duisende werksgeleenthede vir Suid-Afrikaners

Amazon beplan om 3 000 mense in Suid-Afrika in diens te neem in ‘n nuwe kliëntediensspan. Diegene wat suksesvol is sal van die huis af werk. Die werksgeleenthede bied voordele en die aansoeke open vandag. Amazon sê in ‘n verklaring dat hy beïndruk is met die talent in Suid-Afrika en opgewonde is om werk te […]Read More

OUTA vra munisipaliteite om huiseienaars met belastingverligting by te staan

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, sê hulle het meer as 50 000 handtekeninge van mense wat pleit vir eiendomsbelasting en belastingverligting vanaf hul munisipaliteite ontvang. OUTA het onlangs ‘n versoekskrif bekend gestel vir inwoners wat tydelike verligting van munisipale tariewe en belastings benodig. OUTA woordvoerder, Julian Kleynhans, sê duisende Suid-Afrikaners sukkel met die finansiële beperkings wat […]Read More

Massmart verwag ‘n groot halfjaar verlies as gevolg van inperking

Die kleinhandelaar Massmart sê hy verwag dat die wesensverlies per aandeel ná die landwye inperking, vir die 26 weke tot einde Junie, ten minste 50% swakker sal wees as verlede jaar. Die handelsmerke sluit Makro en Game in. Die totale verkope vir die 23 weke tot op die sewende Junie vanjaar, beloop R34,8-miljard, wat jaar […]Read More

‘n Droogtehulp-organisasie verlig ook stedelinge se kos-nood

Die hulporganisasie, Boere Droogtehulp SA NPC, het onlangs meer as R100 000 se voer vir 47 boere in Calvinia in die Noord-Kaap afgelaai. Die organisasie het verlede week ook meer as R150 000 se kospakkies aan ‘n kerk en organisasies in Rustenburg in Noordwes geskenk. Die woordvoerder, Chris van Beljon, sê dié week draai die […]Read More

Kaapstad kry bykans 500 bykomende Covid-19-monitors

Die opleiding en induksie van 490 werknemers van die Stad Kaapstad se uitgebreide openbare werke-program teen Covid-19 het afgeskop. Die span sal vir drie maande ontplooi word in gemeenskappe waar daar nie getrou aan gesondheidsprotokolle voldoen word nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Bestuur, Grant Twigg, sê die Wes-Kaapse Departement van Openbare Werke sal beskermende persoonlike […]Read More