Month: July 2020

ʼn Hofuitspraak kan hoër elektrisiteitstariewe tot gevolg hê

Eskom het die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg se uitspraak verwelkom wat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se besluit om ‘n aandele-inspuiting van R69-miljard uit die kragreus se toelaatbare inkomste vir die huidige tydperk van drie jaar af te trek, tersyde gestel het. Die hof het beslis dat die volle bedrag weer op Eskom se toelaatbare […]Read More

Bloemfonteinse vrou eis R1,3 miljoen na val in winkelsentrum

Die 83 jarige Linda van der Linde van Bloemfontein eis R1,3 miljoen van die eienaars van die Loch Logan Waterfront nadat sy in Junie 2017 deur ‘n elektroniese deur omgestamp is, geval het en haar heup gebreek het. Sy moes ‘n heupvervangingsoperasie ondergaan na die val. Netwerk24 berig luidens die eis in die Vrystaatse hooggeregshof […]Read More

Die elektristeitsnetwerk is weer onder druk

Eskom sê as kliënte nie hul elektrisiteitsverbruik drasties verminder nie, kan beurtkrag binnekort weer sy opwagting maak. Volgens die kragvoorsiener is die opwekkingstelsel weereens onder druk nadat ses generasie-eenhede by kragstasies in Mpumalanga onklaar geraak het. Eskom-woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê enige bykomende probleme sal sy vermoë om die land deur die piek-aanvraagtye te voorsien in […]Read More

Robert McBride het tyd nodig om voor te berei vir

Die voormalige hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride, het versuim om gister voor die staatskapingskommissie te verskyn vir sy kruisondervraging deur die voormalige minister van Polisie, Nathi Nhleko, se regsverteenwoordigers. McBride, wat onlangs by die Staatsveiligheidsagentskap aangestel is, beweer dat hy nie genoeg tyd gehad het om die saak met sy span te bespreek […]Read More

Sewe onderwysers van laerskool Universitas in self isolasie na ‘n

Ouers van die laerskool Universitas in Bloemfontein vra vrae nadat sewe onderwysers van die skool in self isolasie geplaas is as gevolg van moontlike blootstelling aan Covid-19, na n jaguitstappie voorverlede naweek in die Brandfort distrik. Een van die sewe is positief vir Covid-19 getoets nadat die wildplaas-gasheer hulle agterna laat weet het hy is […]Read More

20 van Pelonomi-hospitaal se kraamafdeling toets positief vir Covid-19

Mondli Mvambi woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement sê altesaam 20 personeellede van Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein se kraamafdeling het positief getoets vir Covid-19. Mvambi sê wanneer pasiënte by Pelonomi opgeneem word, word hulle slegs geskandeer, want die hospitaal is nie in staat om almal te toets nie. Netwerk24 berig Mvambi sê pasiënte wat opgeneem word is […]Read More

Sigaretpryse skiet die hoogte in

Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad toon dat die gemiddelde prys van sigarette met byna 250% gestyg het in vergelyking met die tydperk voor die inperking. Sommige respondente sê pryse so hoog soos R300 per pakkie van 20, of R3 000 per karton van 200. Bykans 30% van die respondente het aangedui dat hulle probeer […]Read More

Lindiwe Sisulu kondig Covid-19-verligtingsmaatreëls aan

Die minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, het hulpmaatreëls aangekondig om die uitwerking van Covid-19 op die behuisingsektor te verlig. Sy het die aankondiging gedoen tydens haar begrotingspos in die Nasionale Vergadering. Sisulu se woordvoerder, Yonela Diko sê die maatreëls is gerig op die arm en lae-inkomste gesinne.Read More

Meer as 30 Korrektiewe Dienstebeamptes is aan Covid-19 dood

Die minister van Polisie, Bheki Cele, het bevestig dat 31 Korrektiewe Dienste beamptes en 15 gevangenes weens Covid-19 gesterf het. Tydens ‘n justisie-, misdaadvoorkoming- en sekuriteitsgroep-inligtingsessie het Cele gesê die departement het bykans 3 700 bevestigde gevalle in sommige van sy fasiliteite aangeteken, met 2 235 mense wat herstel het. Hy het ook bevestig dat […]Read More