Met ‘n volle kalendermaand voordat die nuwe jaar aanbreek, is 2023 reeds as die warmste jaar in die geskiedenis van die mensdom verklaar.

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê luidens ‘n verslag van die VN se klimaat-organisasie, het seevlakke tot rekordhoogtes gestyg.

Hy verwys na ‘n katastrofiese klimaat-ineenstorting, met ‘n ongekende aantal verwoestende brande, vloede, asook uiters hoë maksimum-temperature, wat gemeenskappe regoor die wêreld vanjaar meedoënloos geteister het.

‘n Rekordlaagte is vir Antarktiese se see-ys aangeteken, en die volume van Switserse gletsers het die afgelope twee jaar met nagenoeg 10% afgeneem.

Aksieplanne om totale klimaat-chaos te vermy, word tans in Dubai by die Verenigde Nasies se 28ste konvensie oor klimaatverandering beraam.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×