21 Mense in hegtenis geneem weens gewelddadige betogings in die Vrystaat

Altesaam 21 mense is by Winburg in die Vrystaat in hegtenis geneem weens gewelddadige betogings by die dorp.

Die betogings volg weens ontevrede inwoners.

Luidens berigte is die inwoners ontevrede omdat die Vryheidsdagvieringe na Botshabelo buite Bloemfontein verskuif is.

Die betogers het die N-1 by Winburg versper en amok gemaak.

Hulle dring daarop aan dat President Cyril Ramaphosa hulle sal toespreek oor die watertekort in die gebied.

Polisieversterkings is vroeër na die naburige Theunissen gestuur toe betogings ook dáár uitgebreek het.

Die polisie in die Vrystaat sê hulle hou die situasie dop.

Luister na potgooie hieronder