21 mense is gistraand beseer toe die balkon van ‘n gewilde kuierplek in Kaapstad se middestad ineengestort het.
Altesaam 21 pasiënte, waarvan sommige ernstige beserings opgedoen het, is deur nooddienste na verskeie hospitale gehaas.
Charlotte Powell, die Stad Kaapstad se woordvoerder van ramprisiko-bestuur, het aan Daily Maverick bevestig die voorval het kort voor ses gistraand by die Athletic Club & Social plaasgevind.
Die klub se hoofingang is in Buitengrachtstraat.
Die oorsaak vir die ineenstorting is onbekend en word tans deur kundiges ondersoek.
Sover bekend is daar geen sterftes nie.