Twee-en-twintig duur Toyota Hilux-voertuie is die afgelope twee maande in Bloemfontein gesteel, waarvan twee Dinsdagaand. Jurg Kruger van die Eyes and Ears projek, het aan Netwerk 24 gesê ‘n luukse Toyota Land Cruiser VX is die naweek ook by ‘n sewes-rugbytoernooi by ‘n skool in die stad gesteel. Kruger het gesê duur Toyotas soos Land Cruisers, Fortuners en Hilux-bakkies word geteiken. Hy het gesê boere in die Vrystaat en Noordwes en organisasies soos Agri-Vrystaat het al R250 miljoen se tegnologie soos kameras langs die paaie opgerig  om hulle teen sindikate en diefstal te probeer beskerm, maar stedelinge moet nog betrek word. Almal moet eers saamwerk soos sekuriteitsmaatskappy, die polisie en Eyes And Ears andersins sal die stryd teen misdaad nie gewen word nie, het Kruger gesê. Die voertuie word veral by sportgeleenthede, skole, restaurante en sakepersele gesteel. Selfs opsporingstoestelle word deur die diewe omseil, het hy gesê. Lt Kol Thabo Covane, woordvoerder van die polisie in Bloemfontein, het gesê die polisie is nou betrokke met padblokkades en het ook kontak met lande in Oos-Afrika om gesteelde goedere op te spoor.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×