Minstens 22 mense is dood in nog ʼn massaskietery in die Amerikaanse deelstaat Maine. Volgens CNN is die polisie nog op soek na die skieter wat Woensdagaadn op ‘n restaurant en kegelbal-sentrum in Lewiston toegesak het. Inwoners van die stad, sowel as die nabygeleë stad Lisbon, is aangesê om binneshuis te bly terwyl die polisie nog soek na die verdagte. ‘n Voertuig wat moontlik aan die skieter behoort, is in Lisbon gevind. Die polisie wou nie vrae beantwoord oor die moontlike verdagte, die 40-jarige man, Robert Card, nie. Daar is ook verskeie maar onbevestigde berigte van tussen 50 en 60 mense wat by die twee plekke beseer is. ‘n Video van die gewapende man is op Lewiston polisie se Facebook-blad gedeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×