22 studente is vir openbare geweld op die Universiteit van die Vrystaat se hoof- en suidkampusse in Bloemfontein, sowel as die QwaQwa-kampus
in hegtenis geneem.

Die UV was teen gisteraand steeds op al sy kampusse op ‘n gereedheidsgrondslag, na betogings vroeêr die week gewelddadig geraak het.

Studente eis dat NSFAS-toelae direk in hulle bankrekeninge inbetaal word, en nie deur NSFAS se e-zaga betalingstelsel nie.

Hulle beweer dat dié stelsel foutief is en het die universiteitsbestuur gevra om namens hulle in te gryp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×