Alhoewel die hoeveelheid renosters wat die afgelope tien jaar gestroop is, bly dit steeds ‘n uitdaging om resonsters te beskerm, veral in KwaZulu-Natal. Minister Barbara Creecy, minister van omgewingsake, het gister in in Pretoria tydens ‘n mediakonferensie bekendgemaak dat 231 renosters tussen Januarie en Julie in Suid-Afrika vir hul horings gestroop is. Dit is 11% minders as dieselfde tydperk verlede jaar. Sy skryf die afname toe aan die werk van die polisie en die groen skerpioene wat ook met private sekuriteitsmaatskappye saamwerk, berig Netwerk 24. Dit is egter kommerwekkend dat KwaZulu Natal nou die brandpunt van stropery geword het. Daar word amper elke dag ‘n renoster in die Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat doodgemaak.
