Die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt en sy gesin is reeds drie dae lank in Rusland vasgekeer. Roodt het vroeg Donderdagoggend per WhatsApp met Rosestad-nuus gesels. Hy, sy vrou Marina, en hul tweelingdogters, Yulia en Daria, is Rusland toe vir ‘n familietroue in Sotsji. Marina is ‘n Russiese burger en die dogters het dus dubbele burgerskap. Die kinders het met hulle Suid-Afrikaanse paspoorte gereis, maar doeanebeamptes het Maandag geweier dat die kinders Rusland verlaat. Dit blyk dat hulle volgens Russiese wetgewing met hul Russiese paspoorte moes reis. Roodt het gesê mense by die Ambassade is besig om die paspoort-situasie te beredder, maar dat daar vertragings was weens twee openbare vakansiedae in Rusland hierdie week. Die Roodts weet in hierdie stadium nie wanneer hulle terug in Suid-Afrika gaan wees nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×