TENNIS – Die 126 ste Franse Ope het gister in Frankryk in aanvang geneem.

Die Spaanse tennis sensasie Carlos Alcaraz sal poog om sy 1ste Grand Slam titel in te palm en word ook beskou as diè een speler wat die oorheersing van die 13-malige kampioen Rafael Nadal asook laasjaar se wenner Novak Djokovic in wêreldtennis finaal tot ‘n einde gaan bring.

Onder die vroue is Ons Jabeur van Tunisië een van die gunstelinge om hierdie jaar met die Suzanne Lenglen trofee weg te stap maar sal ook haar oog op Maria Sakkari moet hou. Die 4de gekeurde Griek was ‘n semi-finalis in 2021 waar sy in drie stelle deur die uiteindelike wenner Barbara Krejcikova uitgeskakel was.

Rosestad Sport sal jou ook daagliks op hoogte hou van die jongste uitslae vanaf Roland Garros.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×