RUGBY – Met die All Blacks wat nog hul wonde lek na die onlangse reeks nederlaag teen Ierland op tuisbodem het die afrigter Ian Foster nege veranderinge aan sy beginspan gemaak waarvan vyf onder die plaasvervangers is wat Saterdag teen die Springbokke in Neslpuit in aksie gaan wees.

Jordie Barrett draf uit in die nommer 15 trui terwyl die menslike tenk Caleb Clarke en Will Jordan die spoed op die punte sal verleen. Die ervare Rieko Ioane en David Havili sal die middelveld patrolleer terwyl Beauden Barrett en Aaron Smith die skakelpaar sal wees.

Voorlangs sal Angus Ta’avao , George Bower en Samisoni Taukei’aho die krag verleen met ‘n gesamentlike 355 kg in die voorry terwyl Scott Barrett en Sam Whitelock op 4 en 5 sak en kaptein Sam Cane , Ardie Savea en Akira Ioane wat besit by die afbreekpunte sal moet verseker.

Die afskoptyd in die Mbombela Stadion is 17:05

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×