28 vroeggebore babatjies is vanuit die beleërde Gasa-strook na veiligheid in Egipte gebring.
Al 28 was in die Al-Shifa-hospitaal, voordat hulle vir lewensnoodsaaklike mediese behandeling via die Rafah-grensoorgang ontruim is.
Al-Shifa is Gasa se grootste mediese fasiliteit.
Talle vroeggebore babas het reeds hier gesterf, aangesien broeikaste, weens brandstoftekorte, nie meer aan die gang gehou kon word nie.
Hierdie toedrag van sake word deur Palestyne toegeskryf aan die Israeliese weermag se grond- en lugaanval op Gasastad.