Selfs al het president Cyril Ramaphosa vlak voor die verkiesing ‘n reuse aantal wetsontwerpe bekragtig is daar steeds 29 wetsontwerpe wat van die sesde na die 7de administrasie oorgedra is. Die parlementêre moniteringsgroep sê aan BusinessTech dat talle hiervan skerp kritiek ontlok. Daar is ook sterk teenkanting van ‘n verskeidenheid politieke partye met uiteenlopende idiologie.
Sekere Wetsontwerpe wat in omstredenheid gehul is, sluit die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela), asook die Wysigingswetsontwerp op Pensioenfondse, en dié van Elektrisiteitsregulering in.
Dit staan die Ramaphosa vry om ‘n wetsontwerp terug na die Nasionale Vergadering te verwys vir verdere oorweging, en vir moontlike aanpassings. ‘n Wetsontwerp kan meer as een maal na die NV terug verwys word. Die president is ook by magte om enige wetsontwerp in die Konstitusionele Hof teen die Grondwet te laat toets voordat hy dit bekragtig.