Elf mense wie aangekla word van moord, en 25 weens poging tot moord, tel onder die 3 144 verdagtes wat hierdie week in die Vrystaat in hegtenis geneem is.
478 vermeende misdadigers is van aanranding aangekla, 27 van verkragting, 12 van roof en 3 van die onwettige besit van ‘n vuurwapen.
Hierbenewens is meer as 80 mense vas vir dwelmverwante misdaad. Die inhegtenisnemings sluit 373 vermeende onwettige immigrante in, asook 106 mense wie na bewering by onwettige mynboubedrywighede betrokke is.