Drie kinders en drie volwassenes is gister in die VSA by ’n skool in Nashville, Tennessee deur ’n 28-jarige vrou doodgeskiet.

Sky News berig die vermeende moordenaar is later deur die polisie doodgeskiet.

Sy was na bewering gewapen met twee aanvalsgewere en ’n pistool.

Haar identiteit, en moontlike motivering vir die aanval, is nog nie bekend nie.

Die voorval het by The Covenant School plaasgevind.

Ongeveer 200 leerlinge, van voorskool tot graad 6, gaan hier skool.

Don Aaron, ’n woordvoerder van die polisie, het volgens BBC bevestig die oorledenes was leerlinge en onderwysers hier.

Bill Lee, goewerneur van Tennessee, het gesê nooddienste en veiligheidsbeamptes vanuit alle oorde is na die toneel ontbied.

Hy het ook ‘n beroep op ieder gedoen om vir die skool, die gemeente en die Nashville-gemeenskap te bid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×