3184 nuwe gevalle van die Coronavirus gister aangemeld

Volgens die Department van Gesondheid se jongste verslag is 3184 nuwe gevalle van die Coronavirus gister aangemeld, terwyl nog 278 mense aan Covid-19-verwante komplikasies dood is. Die land se coronavirus herstelkoers toon ‘n opname van verlede maand se 82 persent na die huidige 91 persent, nadat dit gedaal het tydens die piek van die tweede vlaag van die pandemie..  KwaZulu-Natal  het die meeste sterftes waar 109 mense dood is, gevolg deur die Wes-Kaap met 57 en Gauteng met 50. Daar is op die oomblik net meer as 87-duisend aktiewe gevalle in die land waarvan amper die helfte in KwaZulu-Natal is.

Luister na potgooie hieronder