Die Limpopo Departement van Onderwys ondersoek ’n voorval van beweerde voedselvergiftiging by die Makahlule Primêre Skool in Malamulele.
IOL berig volgens Provinsiale woordvoerder, Matome Taueatsoala, is 22 leerders Woensdagmiddag na ‘n nabygeleë kliniek gehaas toe hulle begin opgooi het.
Die kinders is later na die Malamulele-hospitaal oorgeplaas waar hulle behandel en ontslaan is.
‘n Tweede groep van 13 leerders is ook na die hospitaal gehaas en is na dat gesondheidswerkers hulle ondersoek het ook ontslaan.
Die departement sal skoolvoedingsrantsoene sowel versnapperinge wat deur verkopers, buite die skoolperseel, verkoop word nagaan.
Die voorval volg na die dood van ses skoolkinders, in Soweto, wat vroeër die week glo vermoedelike vergiftigde kos geëet het.