38 mense onder wie drie minderjariges is in die Vrystaat in hegtenis geneem

38 mense onder wie drie minderjariges is in die Maluti-A-Phofung munisipaliteit in die Vrystaat in hegtenis geneem, in verband met gewelddadige protesoptrede wat Maandag begin het.

Luidens berigte is ‘n bus gister met klippe bestook.

Daar was ook berigte dat betogers probeer het om die Intabazwe satelliet-polisiekantoor by Harrismith aan te val.

Verder is ‘n 30-jarige vrou beseer toe sy voor ‘n bewegende polisievoertuig ingehardloop het.

Volgens die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, is verkeer op die N-3 vir ‘n ruk lank ontwrig.

Die polisie monitor vandag die situasie.

Luister na potgooie hieronder