KRIEKET – Die Aussies het die Proteas verneder in die T20-kompetisie en skoonskip gemaak en die reeks met 3 – 0 beklink na ’n oorwinning van 5 paaltjies in die 3de en laaste wedstryd wat op Kingsmead gespeel was.
Die tuisspan het 1ste gekolf en ’n goeie telling van 190 / 8 aangeteken met Donovan Ferreira wat uitgeblink het met 48 lopies.
Die Aussie kolwers het egter weereens die Protea boulers met minagting behandel en die wenteiken reeds in die 18de boulbeurt bereik met Travis Head wat in ’n verwoestende bui was met ‘n puik beurt van 91 vanaf net 48 aflewerings.
Die Proteas sal nou moet hergroepeer wanneer die 1ste van 5 eendag wedstryde Donderdag om 13:00 op die Mangaung Oval wegtrek.